God se Woord VARS vir jou Vandag

Hierdie Mal Plan

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2491

Send us a text

Lukas 1:29-35 Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!” Maria het vir die engel gevra: “Maar hoe kan ek ’n kind hê? Ek was nog nooit by ’n man nie.” Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word. (NLV) 

Hoe vier ons deesdae "Kersfees"? Ons vier dit met bome, blink versierings en kalkoene. En dit is op sigself redelik vreemd. Maar miskien doen ons dit, omdat die hele viering van Kersfees so vreemd is.

My vermoede is, dat Kersfees wat in ons tyd in so ‘n wêreldse fees verander het, nie vir die gemiddelde mens sin maak nie. Maar dit behoort ons nie te verbaas nie. Dit het ook nie vir Maria sin gemaak nie:

Lukas 1:29-35 Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!” Maria het vir die engel gevra: “Maar hoe kan ek ’n kind hê? Ek was nog nooit by ’n man nie.” Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word. (NLV)

Ja, dis inderdaad verwarrend nè? Maar ons lees dat God se gedagtes nie ons gedagtes is nie. Sy weë is ook nie ons weë nie. Hy doen dinge op onverwagte maniere, maar dit is geen rede om te verval in 'n gemaklike, Christus-lose Kersfees nie.

Die Goeie Nuus is dat Jesus vir jou gekom het. Hy het op so 'n onverwagse manier gekom en so ‘n onverwagse ding kom doen. Hy het gekom om jou van jou sonde te red. Ja, en nog meer: om vir jou die geskenk van die ewige lewe te gee. Glo in Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY