God se Woord VARS vir jou Vandag

Laat God Die Beplanning Doen

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2503

Send us a text

Spreuke 16:3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV) 

Ons dink graag hierdie tyd van die jaar oor ons verwagtings, drome en planne vir die jaar wat voorlê. Miskien sal dinge hierdie jaar anders wees; miskien sal dinge verbeter en miskien daag die Here uiteindelik op!

Dit is die natuurlikste ding in die wêreld, om gedurende die eerste paar dae van die jaar, entoesiastiese planne te beraam en groot dinge te bedink. Gaan hulle hierdie jaar tot vervulling kom? Wie weet, mog’t troffe?

Nouja, nadat ons die drome en plannetjies mooi bedink en uitgesorteer het, kan ons hulle veilig parkeer en voortgaan met ons lewens. So verdwyn daardie hoop, drome en planne in 'n oogwink op die agtergrond terwyl die besig-wees van die lewe oorneem. Maar sê nou dit was nooit veronderstel om so te wees nie?

Spreuke 16:3 Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag. (NLV)

Daardie vers word dikwels verkeerd gelees, of ten minste, verkeerd onthou. Mense sê: "Laat jou planne aan die Here oor". Maar dis verkeerd, eintlik sê dit: Alles wat jy doen – met ander woorde: Wy elke dimensie van jou lewe aan die Here - jou dade, jou optrede, dié dinge wat jou tyd in so ‘n mate in beslag neem, dat jy die fokus op jou drome, jou hoop en jou planne verloor.

Hier’s die antwoord! Wy dit aan die Here toe en jy sal sy seën beleef.

God sê vir jou en my dat deur ons lewens ten volle toegewyd aan Hom te leef, deur Hom met ons hele hart te dien, ons drome, hoop en planne nie op die agtergrond sal verdwyn nie, maar deur Hom tot vervulling sal kom. Kom ons herhaal dit:

Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY