
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Laat Jesus jou Transformeer
Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit moeilik om my eie diepgewortelde slegte gewoontes te verander. Trouens, as ons eerlik met onsself gaan wees, is dit byna onmoontlik.
Dit laat ons voor 'n probleem te staan kom; want God se Woord is vol opdragte om 'n goeie lewe te lei. Kyk byvoorbeeld wat staan in:
Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar...
Jy kan nie hiermee stry nie. As jy 'n goeie lewe wil lei, as jy wil hê jou lewe moet die lig van God se liefde in hierdie wêreld laat skyn en as jy 'n getroue ambassadeur van Christus wil wees, dan moet jy natuurlik vriendelik en liefdevol teenoor diegene rondom jou wees. Natuurlik moet jy hulle vergewe, nie net een keer nie, maar oor en oor soos Jesus gesê het.
Maar kom nou, wees eerlik. Wanneer iemand iets doms doen, of jou seermaak, of jou in die rug steek, of net na jou hap, vind jy dit maklik om vriendelik en liefdevol te wees? Hoe maklik is dit om hulle te vergewe?
Wat ons nodig het, is motivering om in die hitte van die stryd vriendelik, liefdevol en vergewensgesind te wees. Wat ons nodig het, is die krag. Laat ek dus vir jou die hele vers gee. Let op die laaste gedeelte.
Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
Ons kan nooit die omvang van wat God vir ons gedoen het, besef nie. Ons kan nie verstaan hoe Hy ons sonde kon vergewe, deur Jesus aan die kruis te laat ly vir ons sonde nie. Jesus is die rede. Hy is die krag. Laat Jesus jou transformeer.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.