
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Sorg Dat Jou Geloof Eg Is
2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.
Dit is 'n natuurlike menslike reaksie om in iets of iemand bonatuurlik te glo. Elkeen van ons gaan op 'n stadium na daardie "iets of iemand" om in te glo, soek; daardie "iets of iemand" om ons geloof in te anker.
En terwyl ons na daardie “iets of iemand” soek, is daar twee vrae wat ons onsself moet afvra. Eerstens, het ek die regte "iets of iemand" gevind? En tweedens, glo ek werklik daarin?
Sommige mense stel hul vertroue in hul finansies; en hoe ryker hulle word, hoe makliker is dit om daarin te glo. Ander stel dit in hul eie vermoëns. Nog ander, leef in hul verknogtheid aan wêreldse oplossings. Dan is daar diegene wat, nadat hulle deur dure ervaring ontdek het dat al daardie dinge hul onvermydelik in die steek sal laat, hulle geloof in Jesus stel.
Vir gelowiges is dit redelik maklik om die eerste vraag vinnig te beantwoord. In Christus het ons absoluut die regte "iemand" gevind. Maar wat van daardie tweede vraag – glo ek werklik? Hier is wat Paulus aan sy dissipel, Timoteus, geskryf het:
2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.
Ware geloof. Hoe lyk dit? Dit is 'n geloof wat eerstens sterk bly wanneer die son skyn en dit met jou goed gaan, sodat jy nie sommer jou eie koers inslaan en afdwaal nie en tweedens ‘n geloof wat jou op die somber, stormagtige dae, desperaat aan jou Verlosser laat vasklou.
Dit is 'n geloof wat, ongeag die omstandighede, steeds op Jesus, wat jou nooit in die steek sal laat nie, vertrou. Laat jou geloof in Hom opreg wees.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.