God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Krag om Vrees te Oorwin

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2516

Send us a text

2 Timoteus 1:5-7 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. 

Geloof, ware geloof in Jesus, is 'n goeie ding. 'n Baie wonderlike ding. En so leef jy in geloof, die gawes en vermoëns wat God jou gegee het, met al die beste voornemens ter wêreld uit. Dis voorwaar prysenswaardig.

Dit is wonderlik om 'n ware geloof in God te hê; een wat deur dik en dun vasstaan. En soos ons gister gesien het, word daardie klein geloofsvlammetjie 'n verterende vuur, wanneer ons ons Godgegewe gawes en vermoëns tot sy eer gebruik. Dit is presies wat God se Woord sê in:

2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas.

Maar weet jy, byna sonder uitsondering, die oomblik wanneer jy in geloof optree en daardie gawes gebruik om ander mee te dien en om eer aan Jesus se naam te bring … gaan jy teëstand ondervind – geestelike opposisie en wêreldse teëstand. Dit gebeur elke keer, en daarom skryf Paulus in die volgende asem:

2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Laat dit net insink. Wanneer Satan al die magte van die hel teen jou loslaat, is God se Gees jou bron van krag, van liefde en van selfbeheersing. Moenie bang wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY