God se Woord VARS vir jou Vandag

Moenie jou Skaam oor Mislukkings Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2517

Send us a text

2 Timoteus 1:8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil 'n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee. 

Mislukking is iets waaroor ons nie graag praat nie, want soos ‘kriptoniet’ vir Superman is, so is mislukking vreesaanjaend vir ons in hierdie wêreld van vandag; ‘n wêreld wat so sukses-gedrewe is en waar sukses absoluut verafgod word.

Jy het ongetwyfeld al mislukkings in jou lewe beleef: kleintjies wat jy reggekry het om onder die mat in te vee voordat mense dit raakgesien het; en skouspelagtiges, waar mense jou met minagting behandel het, jou gekritiseer het en agter jou rug beswadder het.

Die meeste mense sal omtrent enigiets doen om hul mislukkings te verberg. Maar om die waarheid te sê, dink ek elkeen van ons sal erken dat enigiemand wat in geloof waag om hul gawes en vermoëns tot God se eer te gebruik, foute gaan maak; ja, ons gaan mislukkings langs die pad beleef.

Nouja, wat doen jy dan? Hoe hanteer jy hulle? Kyk wat die wyse Paulus vir sy dissipel Timoteus sê:

 

2 Timoteus 1:8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil 'n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee.

Jesus het vir die wêreld soos die grootste mislukking in die hele geskiedenis gelyk toe Hy daar aan die Kruis gehang het. Maar Paulus sê: moenie skaam wees vir Hom nie. Ja, Paulus, ou vriend, jy kan maklik praat, jy is self ‘n eendagsvlieg – jy was selfs in die tronk gewees.moet jou ook nie skaam vir my... nie. En dan verskuif hy die fokus op Timoteus (en op ons!) "Ly saam met my vir die Evangelie." (Onthou in ons oë is lyding gelyk aan mislukking).

Goed, maar wat doen jy met jou mislukkings? Moet jou nie skaam vir hulle nie. God sal jou die krag gee om daardeur te groei en meer volwasse te word.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY