God se Woord VARS vir jou Vandag

Wag vir ‘n Deurbraak

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2531

Send us a text

Galasiërs 6:9,10 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Om op enige terrein van jou lewe, waar jy 'n deurbraak nodig het, op God te wag, kan ondraaglik wees. En het jy opgelet dat hoe groter jou behoefte is, hoe meer word jou vertroue op Hom soos 'n tuimeltreinrit, oftewel ‘n “rollercoaster ride”?

Miskien is dit op die gebied van jou finansies, of jou gesondheid, of die gesondheid van 'n geliefde? Miskien is dit 'n moeilike verhouding wat jou tot in die kern van jou wese vernietig? Wat dit ook al is, kan dit inderdaad ondraaglik wees terwyl jy wag en wonder … Sal God opdaag? Sal Hy doen wat ek wil hê Hy moet doen? 

Jy het Hom gevra vir 'n deurbraak. Terwyl jy van sy getrouheid in die Skrif lees, het jy sy vrede beleef. Jy het gevind dat jy op Hom kon vertrou. Maar in die middel van die nag het jy rondgerol en om en omgedraai terwyl vrees jou siel deurboor.

Die druk kry jou onder. Jy is op pad na 'n afgrond toe en Hy het nog nie opgedaag nie. Hoe hanteer jy dit? Wat doen jy terwyl jy wag?

Galasiërs 6:9,10 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Met ander woorde, terwyl jy op God wag; daar in die middel van daardie moeilike tyd, gaan voort en doen wat kelners doen. Dien ander, en laat die res aan Hom oor.

Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY