God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Pyn sal in Vreugde Verander

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2545

Send us a text

Johannes 16:19,20 Jesus het agtergekom dat hulle Hom daaroor wou uitvra, en Hy sê toe vir hulle: “Probeer julle onder mekaar agterkom wat Ek bedoel het met: ‘Nog ’n kort tydjie, dan sien julle My nie; en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien’? Ek verseker julle, julle sal huil en treur, maar die wêreld sal juig. Julle sal baie hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander. 

God het die vermoë om ons grootste rampe te neem en dit in sy grootste oorwinnings te verander. En daar is geen groter ramp in die geskiedenis van die mensdom as die lewelose liggaam van Jesus wat aan die Kruis hang nie.

Wat is die grootste ramp wat jou nog ooit getref het? Daardie een gebeurtenis wat jou amper verpletter het? Miskien is jy selfs nou in daardie moordende situasie? Kom ons kyk na:

Johannes 16:19,20 Jesus het agtergekom dat hulle Hom daaroor wou uitvra, en Hy sê toe vir hulle: “Probeer julle onder mekaar agterkom wat Ek bedoel het met: ‘Nog ’n kort tydjie, dan sien julle My nie; en weer ’n kort tydjie, dan sal julle My weer sien’? Ek verseker julle, julle sal huil en treur, maar die wêreld sal juig. Julle sal baie hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.

Die dissipels was verward oor Jesus se woorde en ontsteld oor Jesus se waarskuwings oor die gevaarlike tye wat vir hulle wag. Hulle was bang, nie net oor die wete dat hulle geliefde Jesus gekruisig sou word nie, maar die feit dat Jesus hulle vertel het dat hulle self ook ter wille van Hom doodgemaak sou word.

En jy kan jouself voorstel dat toe Jesus uiteindelik gekruisig is, hulle bedroef was. Hulle het gehuil. Net soos ek en jy gehuil het toe rampe ons getref het.

Maar in hul trane, in ons trane ... in jou trane, het Jesus wat aan die Kruis vasgespyker sou word, hierdie gerusstellende belofte aan ons almal gemaak:

Ek verseker julle, julle sal huil en treur, maar die wêreld sal juig. Julle sal baie hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY