God se Woord VARS vir jou Vandag

Waarborg Sukses

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2555

Send us a text

Josua 1:8 Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. (NLV) 

Die onderwerp vir vandag is: sukses. Jou sukses in die koninkryk van God. En as jy 'n bietjie skepties is, dan is dit goed, want wanneer iemand in een asem van God se Woord en van "sukses" praat, moet jy versigtig wees.

Watter prentjie tower dit in jou gedagtes op wanneer jy daardie woord "sukses" hoor? Is dit meer geld, 'n groter huis, 'n mooier motor, 'n vakansie, bevordering, status, erkenning? Wat beteken "sukses" vir jou?

Alhoewel nie een van hierdie dinge sleg is nie, trap ons inderdaad in 'n gevaarlike strik, indien ons dink dat dit sukses in God se Koninkryk beteken. Nee, dit is nie God se doel om ons met wêreldse besittings en snuisterye te oorlaai nie.

Natuurlik seën Hy sommige mense op daardie manier, maar dit is nie sy hoofdoel nie. Dit is nie die prentjie wat God in gedagte het wanneer Hy aan sukses dink nie.

Toe Josua as leier van Israel by Moses moes oorneem, om God se volk in die beloofde land te lei, sê God die volgende vir hom:

Josua 1:8 Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. (NLV)

Die sukses waarvan God hier praat, is om sy planne uit te voer en sy doelwitte te bereik, nie Josua s'n nie. Soos Jesus dit eeue later gestel het, Onse Vader in die hemel, laat u Naam geheilig word. U koninkryk kom, u wil geskied...

En wat waarborg daardie sukses? Om God se Woord in jou hart te ontvang, daaroor na te dink, en in reaksie daarop gehoorsaam te wees. Dis waar jy wysheid sal vind. Dit is waar jy sukses sal vind om dit te doen waarvoor God jou geroep het.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY