God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Instrument van die Here

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2565

Send us a text

Psalm 34:18-20 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. 

Ons lees dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament van God se reddende hand. En dit is goeie nuus. Trouens, dit is wonderlike  nuus. Ja, wanneer ons in die moeilikheid is, is God by ons om ons daardeur te help.

Ek is seker dat jy, net soos ek, tye in jou lewe gehad toe jy sy reddende hand, sy krag en sy aanmoediging nodig gehad het om jou uit 'n gevaarlike situasie te red. 

In Psalm 34 besing Dawid, die koning van Israel, God se getrouheid waar hy homself in talle gevaarlike situasies bevind het:

Psalm 34:17-19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.

Wat 'n wonderlike bevestiging van God se getrouheid in tye van teëspoed en benoudheid. Hy hoor ons geroep. Hy red ons. Die Here is naby die gebrokenes van hart. Hy help die moedeloses.

Halleluja! Maar weet jy, soms doen Hy al daardie dinge deur een van sy kinders, deur een van ons. Soms beplan Hy om iemand deur jou en my te antwoord, te help, te troos en te red.

Is jy gereed? Sal jy na Hom luister? Wat 'n voorreg is dit tog om 'n instrument in die Here se Hand te wees, 'n spesiale houer, gereed vir elke goeie werk! Maar weet jy dat dit 'n prys van jou gaan vra? Daar is altyd ‘n prys aan verbonde. Ons is geroep om navolgers van die Here Jesus te wees. Dis wonderlik, maar onthou, Hy het vir ons aan die Kruis gesterf. Nou goed, kan ek jou weer vra? Is jy gereed? Sal jy gaan?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY