God se Woord VARS vir jou Vandag

Dinge Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2578

Send us a text

Lukas 9:23,24 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. 

Die storie waarmee die wêreld ons deesdae wil indoktrineer, gaan basies so: leef 'n goeie lewe en wees gelukkig. Dit klink nogal goed, maar daar is 'n gevaarlike angel daar.

Nouja, dink ek dat God ons wil seën? Een honderd persent! Absoluut! Soos enige liefdevolle vader, wil Hy die beste vir sy kinders hê.

Maar, as jy die idee van God se seën verander – eintlik verdraai – deur dit te vermeng met die selfgesentreerde storie waarmee die wêreld met ons koppe smokkel, sal jy uiteindelik heeltemal in die verkeerde rigting beweeg.

Wees versigtig vir die vyand se stories. Hier is 'n paar dinge wat Jesus nooit gesê het nie: Luister na jou hart. Wees getrou aan jouself. Vertrou jou instink. Voel goed oor wie jy is. Geluk is wat saak maak. Wees net 'n goeie mens.

So bekend en aantreklik as wat hierdie stories mag klink, sal jy nie enige van daardie idees vind in dít wat Jesus vir ons geleer het nie. Maar hier is iets wat Jesus wel gesê het.

Lukas 9:23,24 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.

Dit, my vriend, is heeltemal die teenoorgestelde van wat die wêreld jou oor jou lewe sal vertel. Elkeen van ons moet ’n keuse maak. Wees gelukkig en voel goed oor jouself, of wees net 'n goeie mens ... of neem jou kruis op en volg Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY