God se Woord VARS vir jou Vandag

Wette Los nie Probleme Op Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2582

Send us a text

Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. 

As jy mooi kyk na hoe regerings oor die algemeen wetgewing formuleer en uitvaardig, sal jy vind dat dit grootliks reaktief is. Iemand doen iets waarvan hulle nie hou nie, daarom maak hulle 'n wet daarteen. Los dit die probleem op?

Ten spyte van al die wette wat ons in die wetboeke het en ten spyte van al die nuwes wat ons elke jaar in reaksie op die boosheid wat daar buite gepleeg word, maak … was boosheid nog nooit so ‘n groot probleem as vandag nie.

Daar was nog nooit soveel mensehandel in die wêreld as wat daar vandag is nie. Daar was nog nooit soveel huishoudelike geweld nie. Daar was nog nooit soveel kindermishandeling nie. Die skemas om mense van hul geld te beroof was nog nooit so tegnologies slim of gesofistikeerd soos vandag nie. Wat gaan aan?

Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

Jy kan nooit genoeg wette skep om boosheid te beheer nie, want die boosheid slaan nie ag op enige wette nie. Dit is die probleem. Die oplossing?

God het Jesus gestuur om 'n offer vir ons sonde te wees. Dit het sy Seun se lewe gekos om ons sonde te vernietig, om ons te vergewe en om ons die reg te gee om in vryheid te kan lewe.

Die wet kan dit nie vir jou doen nie. Net Jesus kan.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY