God se Woord VARS vir jou Vandag

Daardie Diepgewortelde Skuldgevoel

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2584

Send us a text

Romeine 3:23,24 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (NLV) 

Ons het elkeen herkenbare eienskappe wat natuurlik daar is, omdat dit in ons DNA geënkodeer en van geslag tot geslag oorgedra is. Maar daar is nog iets wat ons geërf het, wat dalk nie heeltemal so voor die hand liggend is nie: 'n diepgewortelde skuldgevoel.

Jy dink waarskynlik nou by jouself, ek kan nie dink dat ek al ooit só skuldig gevoel het nie. Dit is dalk waar, maar weet jy, ek sal verbaas wees as jy nie ten minste van tyd tot tyd 'n gevoel van ontoereikendheid ervaar het nie. Ek praat van daardie diep gevoel, wat as gevolg van die manier waarop ons denke oor baie jare in 'n individualistiese en selfsugtige wêreld, verander het. En dit kom, net met 'n ander geur, uit dieselfde wortel van skuld.

Daar is 'n rede daarvoor. Dit is omdat die vlek van sonde, van rebellie teen God, ook van geslag tot geslag aan ons oorgedra is. Ons lees in: 

Romeine 3:23 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.

Jy kan nie daarvan wegkom nie. Dit is waarom daardie skuldgevoel, of ontoereikendheid, so deel van ons is. Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. 

Romeine 3:24 Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (NLV)

Wanneer jy kies om in Jesus te glo, sal die gratis gawe van God se genade, wat op die bloedbevlekte Kruis gekoop is, die skuld wegwas, want die prys wat Jesus vir jou betaal het, spreek jou jou vry van God se toorn. Dit is 'n gratis geskenk! Hoe kan ons dit weet? Want …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY