God se Woord VARS vir jou Vandag

Ten Spyte van jou Beste Voornemens

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2585

Send us a text

Johannes 13:36-38 Simon Petrus vra Hom: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My wel volg. ”Petrus sê toe vir Jesus: “Here, waarom kan ek U nie nou reeds volg nie? Ek sal my lewe ter wille van U opoffer.” “Sal jy regtig jou lewe ter wille van My opoffer?” vra Jesus. “Ek verseker jou, voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal ontken het dat jy My ken.” (NLV) 

Dit is een ding om goeie voornemens te hê, maar dit is heeltemal 'n ander ding om hulle uit te voer. Daar is nie 'n persoon op hierdie aarde wat nog nooit met die beste bedoelings ‘n wedloop begin het, net om by die eerste hekkie te struikel nie.

In die dae voor die Pasga was die atmosfeer in Jerusalem uiters gespanne want almal was bewus van die komplot wat teen Jesus gesmee word. Die dissipels was beangs, aangesien die godsdienstige leiers, kop in een mus met die Romeinse oorheersers was. Wat hulle nog meer ontstel het, was dat Jesus self vir hulle gesê het dat Hy hulle gaan verlaat.

Johannes 13:36-38 Simon Petrus vra Hom: “Here, waarheen gaan U?”

 Jesus het geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy My wel volg.” 

Petrus sê toe vir Jesus: “Here, waarom kan ek U nie nou reeds volg nie? Ek sal my lewe ter wille van U opoffer.”

“Sal jy regtig jou lewe ter wille van My opoffer?” vra Jesus. “Ek verseker jou, voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal ontken het dat jy My ken.” (NLV)

Petrus het ‘n suiwer motief gehad toe hy gesê het dat hy bereid is om tot aan die bitter einde saam met Jesus te staan. Jy ken dalk die res van die storie. Hy het klaaglik misluk. Ons sal môre daarna kyk.

Maar miskien kan jy makliker hiermee assosieer: Jy het die beste voornemens gehad om Jesus te volg, maar toe dit moeilik geword het; toe jy teenkanting beleef het en toe jy tot jou ontsteltenis ontdek het, dat dáár waarheen Jesus op pad was, jy Hom nie kon volg nie.

En daardie skuldgevoel, daardie diep gevoel van ontoereikendheid toe jy misluk het, is selfs vererger deur jou aanvanklike opregte goeie bedoelings. Maar moenie moed verloor nie. Die goeie nuus kom, my vriend. Die goeie nuus kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY