
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Onthou die Belofte
Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een ding, en een ding alleen. Die wind.
Deesdae is daar natuurlik ook massiewe brandstof-aangedrewe vaartuie. Dit het veroorsaak dat skeepskepe meer van 'n sport en vermaak, as 'n noodsaaklikheid, geword het. En hoewel ek nog nooit baie aangetrokke tot daardie spesifieke sport was nie, moet ek erken dat die paar keer wat ek op 'n seiljag was, nogal opwindend was.
Wanneer die wind gaan lê, verloor ‘n seiljag sy krag. Vandag kan dit beteken dat jy 'n wedvaart verloor, maar destyds was 'n windstilte vir almal aan boord verlammend, selfs dodelik.
Dit lyk vir my of 'n Christelike lewe sonder die Heilige Gees baie so is. Charles Spurgeon, die negentiende-eeuse Britse prediker en evangelis, het eenkeer gesê dat ons sonder die Gees van God niks kan doen nie. Ons is soos skepe sonder wind, heeltemal nutteloos.
Voordat Hy gekruisig is, het Jesus hierdie belofte aan sy dissipels gemaak:
Johannes 14:26 … en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Dink aan die Gees van God as die wind in jou seile. Hy herinner jou aan dinge wat Jesus gesê het, en Hy help jou om alles te word wat Hy jou geskep het om te wees. Dis die magtige hand van God in jou lewe, die hand van sy grootheid, om tot sy eer in jou en deur jou te werk.
Hoekom sal ons ooit op ons eie die mas probeer opkom? Ons sal soos skepe in ‘n windstil see ronddobber en uiteindelik sterf. God, die Heilige Gees, is jou Helper.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.