God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Eenvoudige Krag van Liefde

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2605

Send us a text

Romeine 13:8-10 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet. Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes – en watter ander een daar ook mag wees – word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes. (NLV) 

Is daar ‘n oplossing vir al die nare goed in die wêreld wat om ons aangaan? Wat is die antwoord? Hoe kan ons ‘n einde daaraan maak?

Nare dinge, soos mans wat hul vrouens verneuk, en vrouens wat ontrou is aan hul mans, geweld, moorde, oneerlikheid, hebsug en afguns, is vandag baie algemeen. Maar kom ons erken dit maar, ek en jy is ook skuldig aan slegte gedrag. Hopelik nie só erg nie, maar ons raak geïrriteerd met mense, ons is soms jaloers, opdringerig, onbeskof, en ….  Ja, dis waar! Ons moet ook maar hand in eie boesem steek.

Nouja, hoe kan ons die slegte goed, laat end kry? Dit blyk dat die antwoord baie eenvoudiger is as wat ons dalk dink.

Romeine 13: 8-10 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet. Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes – en watter ander een daar ook mag wees – word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes. (NLV)

Kan dit regtig so eenvoudig wees? Ja, beslis. Wanneer jy kies om die volgende persoon lief te hê – jou “medemens” soos die apostel Paulus dit hier stel – verander jou aandeel in daardie slegte gedrag eenvoudig ….

En daardie bure gaan dalk anders lyk, anders klink, anders glo, anders teenoor jou optree; jou dalk selfs minder irriteer. Wees lief vir hulle, want ons slegte gesindheid sal verander wanneer ons ons medemens net so liefhet, soos ons onsself het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY