God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Tydsberekening is Perfek

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2607

Send us a text

Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. 

Ek moet ‘n bekentenis maak: ek was nie altyd so in my noppies oor God se tydsberekening nie. Daar was te veel kere wat my lyding te lank aangehou het. En eerlikwaar, daar was te veel kere wat Hy sy seëninge ook te lank teruggehou het! Wat van jou?

Ek het 'n jong vriend wie se vrou, kort nadat hulle getroud is, met langtermyn chroniese-uitputting-sindroom gediagnoseer is. Hoekom laat God so iets toe om net aan te gaan?

Ek is seker dat ek en jy, tussen ons twee, baie sulke gevalle kan opnoem; en om die saak nog erger te maak, moet ons erken dat ons dikwels God se tydsberekening bevraagteken het. Hoekom het Hy, wat ons betref, sulke slegte tydsberekening?

Habakuk, die Ou Testamentiese profeet, het ook so gevoel: 

Habakuk 1:2 Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?

Dinge het glad nie goed gegaan met die Israeliete nie. Die Babiloniërs het verwoesting gesaai. Geen wonder dat Habakuk na God roep nie. Maar kyk wat was God se reaksie.

Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

Miskien is jy nie op die oomblik gereed om so ‘n antwoord te hoor of te aanvaar nie. Miskien is dit nie eers iets wat jy wil glo nie. Maar wag 'n oomblik. God weet presies waardeur jy gaan. Ons kan ons troos dat sy tydsberekening altyd perfek is. 

Wees net geduldig en wag daarvoor. Die tyd sal kom; dit sal nooit te laat wees nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY