
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wonderlike Goeie Nuus
Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.
Gehoorsaam jy die reëls? As jy 'n rybewys het, sê my, wanneer laas het jy gery sonder om die spoedgrens met 'n enkele kilometer per uur te oorskry?
My eie onvermoë om die padreëls na te kom, het my nog altyd verstom. Ek is in 'n gedissiplineerde, Duitse gesin grootgemaak. Ek is vir vier jaar in die leër met streng dissipline opgelei om ‘n weermagoffisier te word. As iemand veronderstel was om te weet hoe om die reëls te gehoorsaam, sou jy tog gedink het dat dit 'n ou soos ek was, nè?
Maar o nee, net soos jy, het ek al baie kere die padreëls oortree. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (Romeine 3:23) Hoekom kan ons nie die reëls volg nie? Ons wil dalk, maar dit lyk asof ons net nie in staat is om dit te volg nie. Hier is die rede waarom:
Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.
Ek het dit altyd 'n bietjie verwarrend gevind, totdat ek hierdie eenvoudige verduideliking van Martin Luther, die 16de eeuse Hervormer, gelees het: “Die wet ontdek die siekte. Die Evangelie gee die geneesmiddel.”
God het gedoen wat die reëls nie kon doen nie. Hy het die lewe van Jesus aangebied om ons sonde te vernietig. Dis goeie nuus; ongelooflike goeie nuus.
En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.