God se Woord VARS vir jou Vandag

Wanneer Gebrokenheid ‘n Seën Word

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 24 Episode 2717

Send us a text

Jeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV) 

Was jy al ooit op moedverloor se vlakte? Het jy al ooit gevoel dat iets nie reg is nie; dat jy net nie meer krag oor het om al die probleme wat na jou kant toe kom, te hanteer nie?

 

Ons praat nie te veel daaroor nie … maar in die in-mandjie van my rekenaar is daar al hoe meer artikels soos: “Dertien maniere om met meer energie wakker te word,” of “Hier is vinnige, eenvoudige dinge wat jy kan doen om jou gesondheid, geluk en welvaart ’n hupstoot te gee,” of “Ek lieg vir my terapeut – en ek is nie die enigste een nie.”

 

Hierdie artikels klink almal anders, maar eintlik spruit hulle uit die gevoel dat dinge nie heeltemal reg is nie; dat ons 'n gebrekkige, onvervulde lewe lei; dat ons op een of ander manier gebroke is.

 

Mense gryp maar net na strooihalms. Ja, kom ons kyk: hulle stem almal saam; jy moet die basiese dinge regmaak - 'n gesonde dieet, matige oefening, 'n goeie nag se slaap, gesonde verhoudings... Mooiskoot!

 

Maar hul slaan die bal mis - daar is net een manier om hierdie gebrokenheid in seën te verander.

 

Jeremia 17:14 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! (NLV)

 

God is die enigste Een wat jou werklik van binne kan genees; wat jou met sy heerlikheid kan vul, wat jou met sy liefde kan oorweldig, jou deur sy Gees kan genees en vir jou alles kan gee wat jy nodig het om, ongeag watter probleme jy beleef, nie net te oorleef nie, maar om te floreer.

 

Want U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! En weet jy, my vriend, wanneer Hy jou red, is jy waarlik vry.

 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY