God se Woord VARS vir jou Vandag

Jesus se Blydskap (1)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2896

Send us a text

Hebreërs 12:2 ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon! (NLV) 

As ek jou sou vra: "Wil jy vreugde in jou lewe ervaar?" Ek praat nou van 'n ware, diep, blywende gevoel van vreugde. Ek vermoed dit sal redelik veilig wees om te aanvaar dat jou antwoord 'n dawerende "Ja!" sal wees!

Maar weet jy, te dikwels maak ons die fout om hierdie kosbare kommoditeit van vreugde met geluk te verwar. Wil jy gelukkig wees? Natuurlik! Maar ons weet almal dat dinge kan gebeur wat ons van daardie geluk beroof.

En wanneer ons oor vreugde begin gesels, dink ons outomaties aan geluk. Ja, ek wil gevul wees met vreugde, maar ek weet dit sal verdwyn wanneer dinge begin skeefloop. Oukei....

Maar wanneer ons weet dat daar vreugde vir ons voorlê, reguit in ons rigting kom, maak dit 'n groot verskil aan daardie klein tameletjies in die lewe waardeur ons dalk op die oomblik moet byt.

Hebreërs 12:2 (Ons hou) ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon! (NLV)

Is dit nie wonderlik nie?! Jesus was dapper toe Hy die verskriklike skande en pyn van sy kruisiging moes hanteer, want Hy het geweet wat volgende gaan kom. En wanneer ons, wanneer jy, na Jesus bly kyk, weet jy, dat jy wéét, dat jy eendag saam met Hom in heerlikheid sal wees; vir ewig. Dit is wonderlike nuus, nè?

Moet nooit moed verloor nie. Moet nooit vir Jesus, wat dit alles vir jou gedoen het, misken nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY