God se Woord VARS vir jou Vandag

Jesus se Blydskap (3)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2898

Send us a text

Lukas 15:8-10 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.” 

Wêreldse mense is voorwaar ‘n wispelturige gehoor. Soms moedig hulle ons aan, ander kere kraak hulle ons af. Geen wonder ons eindig met 'n skewe beeld van ons eie waarde nie.

Ons het die afgelope paar dae gesels oor die vreugde van Jesus. En vandag wil ek jou nog 'n storie van sy vreugde vertel - eintlik is dit ‘n vreugde wat die hele hemel met Hom deel – vreugde wat spruit uit die waarde wat Hy aan jou heg.

Lukas 15:8-10 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

In hierdie verhaal is God die vrou, en ek en jy is daardie verlore muntstuk. Hoekom keer sy die huis onderstebo om dit te vind? Hoekom is sy so koorsagtig besig om daardie een verlore muntstuk te soek? En hoekom roep sy haar bure om saam met haar bly te wees wanneer sy dit kry? Dis as gevolg van daardie muntstuk se waarde!

En dit is wat Jesus vandag aan jou en my wil oordra. Hy wil jou so naby aan Hom hê, want selfs met meer as agt biljoen mense op ons planeet aarde, waardeer Hy jóú, Hy is onbeskryflik lief vir jou. Jy vul sy hart; jy vul die hele hemel met vreugde. Laat dit net insink, want …

Dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY