God se Woord VARS vir jou Vandag

Uiteindelik is daar Vryheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2899

Send us a text

2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. 

Vryheid. Daar’s nou 'n woord waarvan ons almal hou ... tog beteken dit verskillende dinge vir verskillende mense op verskillende tye in hul lewens. Ek wonder, wat beteken dit vir jou, hier waar ons nou gesels? Is daar iets waarvan jy vrygemaak wil word? Wat is dit?

Die realiteit van die lewe in hierdie onvolmaakte wêreld is dat ons almal uiteindelik ‘n las of twee dra waarvan ons smag om bevry te word: 'n Verpligting, 'n situasie, 'n verhouding wat jou totaal dreineer. Here, maak my vry!

Maar die lewe gaan nooit perfek wees nie. Dit is onwaarskynlik dat daar ooit 'n tyd sal wees wanneer daar niks aan die gang sal wees wat jy nie daar wil hê nie. Ja, daar is seker maar altyd iets, nè?

So hoe sal dit voel as daardie laste wat jou lam maak, hanteer kan word, sodat jy te midde daarvan, vryheid kan ervaar?

2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Jesus het gekom om jou vry te maak. Ja, om jou vry te maak, van die druk om aan God se standaard van volmaaktheid te voldoen! Daardie standaard wat lyk asof nie een van ons ooit in staat sal wees om dit te bereik nie! Vry van al daardie slegte goed wat ons doen, wat ons beroof van die oorvloedige lewe wat Jesus self gesê het Hy’t gekom om dit vir ons te gee. Vry om alles te wees wat Hy ons gemaak het om te wees.

Daar is niks meer bevredigend as wanneer die laste wat jou wil versmoor, van jou skouers afgeneem word nie. Wanneer dít gebeur, kan jy die wonder van die vryheid wat Jesus vir jou kom bring het, ervaar. Want op die plek waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY