God se Woord VARS vir jou Vandag

Skyn Jou Lig

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2900

Send us a text

2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. 

Ek het die idee dat daar twee soorte mense in hierdie wêreld is – energiegewers en energienemers. Diegene wie se teenwoordigheid jou dag ‘n vreugde maak, en diegene wat lyk of hulle die suurstof uit die kamer suig. Die vraag is, watter een is jy?

Sê my, wanneer jy jou bes probeer om die daaglikse druk van jou omstandighede in jou klein hoekie van die wêreld te oorleef; stop jy ooit om te dink aan die impak van jou houding, jou gesigsuitdrukking en jou teenwoordigheid op diegene rondom jou? 

Ek moet erken dat ek 'n ware knorpot kan wees as ek myself toelaat om een te wees. As 'n herstellende perfeksionis kan een van my sywaartse blikke iemand se dag heeltemal bederf, as ek nie versigtig is nie.

Ons het almal een of ander donker kant wat mense op 'n negatiewe manier beïnvloed, en om op jou eie daarteen te probeer stry, is 'n verlore stryd. Maar wat van ‘n situasie waar mense, wanneer hulle na jou kyk, of as hulle net aan jou dink, hulle eerder die heerlikheid van God sien.

2 Korintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Hoe nader jy aan Jesus kom, hoe intiemer jy Hom leer ken, hoe ryker word jou persoonlike verhouding met Hom. En dan word sy heerlikheid soos ’n spieël wat van jou af in die lewens van diegene rondom jou weerkaats word. En in die proses verander Hy jou van heerlikheid tot heerlikheid; en so verlig, jou teenwoordigheid mense se lewens.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY