
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
God is in Jou Midde
Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:
Of dit nou reg of verkeerd is, mense doen slegte dinge aan ons. Of dit reg of verkeerd is, slegte goed gebeur. Reg of verkeerd (en, kom ons erken dit, meer verkeerd as reg) ons reageer nie altyd so goed nie, of hoe?
Die druk van die alledaagse lewe neem toe. Of jy nou besig, besig, besig... of eensaam is, daardie druk veroorsaak dikwels dat ons meer verkeerd as reg optree.
Hoekom is dit? Hoekom bring druk die ergste in ons na vore? Ek is nie seker of ek daardie vraag kan beantwoord nie, maar wat ek wel weet, is dat wanneer ons probeer om die druk op ons eie te hanteer, dit die verkeerde reaksie ontlok.
So, hier is goeie nuus. Selfs wanneer jy jammerlik misluk het, selfs wanneer jy verkeerd opgetree het, wil God deel van jou lewe wees.
Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.
God is net hier in ons midde, tussen al ons probleme, net hier te midde van ons mislukkings … is Hy magtig om te red. Trouens, Hy smag daarna om jou te red, Hy sál jou red; ja, meer nog, Hy sal in blydskap oor jou jubel.
Dink daaroor na. God juig oor jou, Hy jubel oor jou, nie net met sang nie, maar met luide sang … oor jóú!
Maar weet jy watter begrip in hierdie versie het my regtig geraak? Hy is stil-tevrede in sy liefde. Te midde van al daardie onstuimigheid, ten midde van jou berou oor jou mislukkings, sal sy liefde 'n balsem vir jou gees wees; sy liefde sal jou stilmaak en vrede gee.
Moet nooit vergeet nie, die Here jou God woon in jou!
Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.