God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Boek van Vreugde

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2906

Send us a text

Filipense 4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Kan ek jou vra om al die dinge wat jou gedagtes besighou – die druk, die verantwoordelikhede, die stryd, die dinge wat jou frustreer – af te skakel en om in jou verbeelding saam met my op reis te gaan?

Ek wil hê jy moet jou verbeel dat jy in hierdie oomblik met 'n vreugde gevul kan word wat eenvoudig nie in woorde uitgedruk kan word nie. Ja, dit is nie maklik nie, want die realiteite wat jou konfronteer, die dinge wat jy nie vir jouself sou gekies het nie, blokkeer daardie gevoel. Jy sukkel selfs net om dit in jou verbeelding te sien...

Die apostel Paulus se brief aan die Filippense staan bekend as die boek van vreugde. Wat dit belangrik maak vir ons om te verstaan, is dat hy dit in ‘n klam Romeinse kerker geskryf het. Hy was vasgeketting aan 'n wag en gereed vir sy doodsvonnis om voltrek te word. Maar ten spyte hiervan, skryf hy vir sy vriende in Filippi: 

Filippense 4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

 

Hoekom? Hoe? Wanneer God jou bron van vreugde is, bepaal jou omstandighede nie jou vreugde nie. Daardie vreugde is 'n gawe van God. Dit begewe of verlaat jou nooit nie.

En wanneer jy skielik daardie gevoel kry dat jy gaan val; dat jou omstandighede besig is om jou te oorweldig … is al wat jy hoef te doen; is om met God te praat. Wanneer jy 'n paar minute bewustelik in sy Teenwoordigheid deurbring, sal sy vreugde – nie joune nie, nie die wêreld s'n nie, sy vreugde! – jou oorweldig op 'n manier wat woorde nie kan beskryf nie.

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY