
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ontdek Potensiaal
Filipense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,
Verantwoordelikhede, druk en pligte voel asof hulle ons wil vasdruk en verswelg. Ja, dis die werk, die kinders, die huishouding … Ek moet dit doen, ek moet dat doen. Ek is seker jy het ook al daardie onophoudelike, versmorende gevoel van verpligtinge ervaar!
‘n Rukkie gelede het die pastoor by ons kerk oor hierdie einste ding gepraat. Hy het iets gesê wat my regtig getref het; dit het my laat besef dat dit in 'n groot mate ons eie houding is wat baie van hierdie druk veroorsaak.
Hier is die kern wat hy gesê het: "Ek kom daarby uit” is belangriker as "ek moet daarby uitkom."
Ek bid vir my vriende, nie … ek moet vir my vriende bid nie. Ek is vrygewig teenoor diegene by die werk, nie ... ek moet vrygewig teenoor hulle wees nie. Ek help my vriend wat swaarkry, nie ... Ek moet my vriend wat swaarkry help nie.
Daar is baie meer vreugde, meer vryheid, meer potensiaal in "ek kom daarby uit" as "ek móét daarby uitkom". Miskien is dít wat die apostel Paulus besef het, toe hy hierdie wonderlike gebed vir sy vriende vanuit sy kerker in die dodesel gebid het:
Filippense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,
"Ek moet" skep laste. "Ek doen dit" skep potensiaal.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag