God se Woord VARS vir jou Vandag

Raaisels van die Lewe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2908

Send us a text

Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. 


Die lewe kan 'n raaisel wees, veral as jy aan die toekoms dink. Wat hou die toekoms in? Hoe gaan dit afloop? Ons hoop almal op 'n blink toekoms. Al is dinge vandag dalk donker of somber … sal dit sekerlik môre 'n helder, sonnige dag wees.

Daardie hoop op 'n blink toekoms bestaan in elke kultuur, in elke uithoek van die wêreld. Vir diegene van Chinese afkoms, is dit vandag Lantern Day. Vandag word kinders lanterns gegee. En geboue word met lanterns versier. Wat sou dit simboliseer? Ja jy het reg geraai! Met die nuwe jaar wat nou behoorlik gevier is, simboliseer die lantern die lig wat vir hulle ‘n blink toekoms gaan gee. Maar, aan daardie lampe is raaisels vasgeheg vir ander mense om te raai. Indien ‘n persoon die oplossing van die raaisel kry, ontvang hy ‘n geskenk.

So, al hoop ons op 'n blink toekoms, bly dít wat werklik voorlê, ietwat van 'n raaisel.

Vir my is daar egter een ding wat my toekoms rig, wat 'n lig op my pad is. En daardie een ding is die Woord van God. Soos die psalmis dit stel in:

Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

Ja, ons weet, God sê nie altyd vir ons presies wat ons toekoms inhou nie. Maar terwyl ons probeer om te leer – hoe meer ons luister, en hoe meer ons Hom toelaat om deur die Heilige Gees sy Woord vir ons oop te breek, hoe meer vind ons dat ons treë gerig word. Daardie goddelike, bonatuurlike krag wat vir ons die lig skyn op die pad wat ons moet neem.

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY