God se Woord VARS vir jou Vandag

Word Vrygemaak

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2909

Send us a text

Filipense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. 


Daar kom 'n tyd vir ons almal wanneer ons voel asof ons op dieselfde ou plek vasgevang is, in daardie selfde ou groef. Niks verander ooit nie. Jy staan botstil. Jy beweeg nie vorentoe na die nuwe dinge waarvan jy droom nie.

Dit kan vir ander mense lyk asof jou omstandighede absoluut perfek is –  jy’t 'n goeie werk, goeie gesondheid, ‘n gelukkige gesin – al die dinge wat, in teorie, 'n goeie lewe verteenwoordig.

Maar jy voel vasgevang. Dit is asof daar iets anders is wat jy moet doen. Ek onthou hoe ek destyds aan die einde van my IT-konsultasieloopbaan gevoel het toe ek en my sakevennote pas ons besigheid aan 'n publieke maatskappy verkoop het...

Daar was 'n goeie uitbetaling en die nuwe maatskappy het my 'n wonderlike loopbaangeleentheid en 'n baie goeie salaris aangebied; die volle boksemdais! Tog het ek steeds vasgevang gevoel. Daar was ‘n ander opsie. Daar was die geleentheid om oor te neem as die HUB en om die geestelike bediening van Christianityworks te behartig.

Die groot uitdaging was, dat daar amper geen inkomste by Christianityworks in die vooruitsig was nie, want daar was slegs 'n handjievol ondersteuners. Op daardie stadium het die bediening reeds opgehou om Bybelonderrigprogramme vir die radiostasies te vervaardig. Dit was, uit 'n menslike oogpunt, tot ‘n stadige dood gedoem. Maar, toe het God met my deur die woorde van die apostel Paulus gepraat. Daardie woorde wat hy, as ‘n afwagtende veroordeelde in 'n klam kerker, aan 'n Romeinse wag vasgeketting, geskryf het, was:

Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Julle ken die res van die storie! Maar op daardie stadium was dit ‘n ontsettende groot risiko om te loop. Ek moes besluit om daardie veilige, bekende, gemaklike IT-konsultasieloopbaan agter te laat, wetende dat daar ‘n groot moontlikheid bestaan dat alles op ‘n mislukking kan uitloop. Wat doen ek as dit misluk? En as ek bedroë daarvan afkom?

Nee my maat - dit is nie dat ons in ‘n situasie vasgevang is nie - ons wil net nie uit ons gemaksone tree nie. Komaan! Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY