God se Woord VARS vir jou Vandag

As Hulle Hulself Net Wou Gedra

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2911

Send us a text

1 Johannes 5:18-19 Ons leef egter met die wete dat elkeen wat deur God verwek is, nie aanhou sonde doen nie. God bewaar dié een wat uit Hom gebore is en die bose kry nie vatplek aan hom nie. Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld in die mag van die bose vasgevang lê 


Mense gedra hulle dikwels baie sleg en hulle neem nie in ag wat die impak van wat hulle sê of doen, op ander mense gaan wees nie. Hoeveel beter sou hierdie wêreld nie gewees het as hulle hulself net gedra het!

Ek weet, dit is maklik om die vinger na ander te wys, maar kyk wat doen mense! Mense maak onverskillig hul motordeure in die parkeerterrein oop en veroorsaak 'n duik in jou motor. En wat van jou buurvrou wat haar nare doef-doef musiek kliphard aandraai? 

Sonder sulke mense sou dit 'n wonderlike wêreld gewees het! Dit sou vir ons onnodig gewees het om ons so oor al daardie mense daar buite te ontstel; as hulle hulself maar net gedra het.

Ongelukkig is Christene nogal baie geneig om hul vingers na die wêreld daar buite te swaai. Dink hulle nou dat dit die ander mense se onetiese, losbandige lewenstyl, op een of ander manier sal verander en hulle hul sal genees van hul swak gedrag?

Nee wat, wees realisties! Dit werk nie so nie! Dit kan inderdaad nie:

1 Johannes 5:19 Ons leef egter met die wete dat elkeen wat deur God verwek is, nie aanhou sonde doen nie. God bewaar dié een wat uit Hom gebore is en die bose kry nie vatplek aan hom nie. Ons weet dat ons van God afkomstig is en dat die hele wêreld in die mag van die bose vasgevang lê.

Met ander woorde, verandering kom na diegene wat ‘n persoonlike ontmoeting met Jesus self gehad het. Jy kan nie daardie mense daar buite verander deur jou oortuigings of jou sedes in hul keel af te druk nie. Jy kan net nie.

Die 20ste eeuse teoloog en prediker, Martin Lloyd Jones, het dit so gestel – Dit is nie die Christelike Kerk se besigheid om die wêreld aan te spoor om Christelike waardes toe te pas nie, want dit kan nie gedoen word nie. Dit is moeilik genoeg vir die Christen, maar dit is onmoontlik vir die wêreld.

Hou op om jou vinger na ander te wys. Fokus op jou eie gedrag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY