
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Om Die Wêreld te Verander
Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)
As jy die wêreld kon verander, wat sou jy verander? Ek sou graag 'n einde aan alle oorloë wou maak. Ek sou ook wil sien dat mense van verslawing, uitbuiting of misbruik gered word. Daarby sou ek wil hê dat almal toegang tot die basiese lewensbehoeftes soos skoon drinkwater, 'n dak oor hul kop en veiligheid sal hê. Dit sal mos werk, dink jy nie ook so nie?
Die probleem is egter dat ek en jy nie die wêreld kan verander nie ... of kan ons? Wel, die meeste van ons het nie die mag om dinge op 'n makro-skaal, of op nasionale of internasionale vlak te beïnvloed nie, maar wat van op 'n mikro-skaal, in ons eie omgewing waar ons woon? Wat kan ek en jy doen?
Gister het ons gesels oor ‘daardie mense daar buite’ wat verkeerd optree en ons het tot die gevolgtrekking gekom dat tensy Jesus hulle lewens aanraak, dit hoogs onwaarskynlik is dat hulle gaan verander. Om ons oortuigings en ons beginsels in hul kele te probeer afdruk, gaan beslis nie werk nie.
Nouja … wat, sal hulle baat? Hoe kan ons met God saamwerk terwyl Hy in hulle lewens begin beweeg?
Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)
Die Duitse pastoor en martelaar van die Tweede Wêreldoorlog, Dietrich Bonhoeffer, het eenkeer gesê dat ons lewens as Christene, die nie-gelowiges so jaloers moet laat voel, dat hulle hul ongeloof in God sal bevraagteken.
En wat kan beter wees, as om God se goedheid deur ons te laat skyn? Watter geleenthede het jy om aan diegene rondom jou goed te doen?
Laat reg geskied, bewys liefde en trou, en leef nederig voor God.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.