God se Woord VARS vir jou Vandag

Struikel, Maar Moenie Val Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2915

Send us a text

Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. 

Enigiemand wat al ooit probeer het om gewig te verloor (ek dink dit is deesdae omtrent 90% van die bevolking) sal daardie verskriklike gevoel wanneer jy voor die versoeking swig, maar al te goed ken – daardie onbeteuelbare lus vir gemorskos. Die oomblik wat jy dit in jou mond sit, laat dit jou soos 'n volslae mislukking, 'n totale verloorder voel!

Dit is nie net van toepassing op ‘n poging om gewig te verloor nie, dit gebeur in elke sfeer van die lewe; in elke uitdaging wat jy vir jouself stel. Op 'n stadium struikel jy en wanneer jy dit doen, is jy in die versoeking om tou op te gooi. Wat net 'n blote struikeling was, kan vinnig in 'n almagtige val verander.

'n Paar jaar gelede het ek 'n e-pos van 'n jongman ontvang. Hy het pas ’n Christen geword … en toe, ’n paar weke later, het hy uitgegaan en verskriklik dronk geword. Hy het gevoel dat hy sy verhouding met God heeltemal geruïneer het … maar toe luister hy na een van ons radioprogramme.

Dit is wat hy geskryf het: Ek het geweet dat wat ek gedoen het, my verhouding met God groot skade aangedoen het; ek het Hom in die steek gelaat! Maar toe hoor ek jou sê dat God se genade vir my genoeg is. Dis toe dat ek besef het, dit is selfs vir my genoeg! Dit gaan alles oor wat Jesus vir my gedoen het. Dit is asof God daardie aand direk met my gepraat het.

En dit, my vriend, is presies wat veronderstel is om te gebeur; dit is presies wat God belowe Hy sal doen wanneer ons struikel:

Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.

Het jy in die afgelope tyd gestruikel? Het jy soos 'n volslae mislukking gevoel? Dan reik God vandag na jou uit, want dit is wat Hy doen. Wanneer jy struikel, sal jy nie val nie, want die Here sal na jou uitreik en jou hand vashou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY