God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Bron Van Krag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2916

Send us a text

Psalm 18:33,34 God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig. Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. (NLV) 

Ek het onlangs 'n vooraanstaande sielkundige hoor praat oor hoe die kos wat ons eet ons luim kan verander. Deesdae eet baie mense sommer gemorskos in plaas van voedsame kos wat hulle krag sal gee en hulle beter sal laat voel. 

Ek is 'n groot voorstaner van periodieke vastye. Ek het gevind dat dit my help om my gewig maklik en doeltreffend te bestuur - iets wat ek voorheen vir dekades gesukkel het om te doen. Ek sal oor die algemeen my oornag-vas elke dag eers teen die middag verbreek. Dit is ongelooflik goed vir my.

Maar soggens wanneer ek vroeg opstaan om boodskappe soos hierdie voor te berei, sal ek gewoonlik eers iets gesonds eet. Daardie kos gee my ongelooflike energie en maak dit maklik om te fokus, navorsing te doen en te skryf.

Maar weet jy, dit is ook al te maklik om in ons daaglikse wandel die krag wat God vir ons wil gee, te vergeet.

Psalm 18:33,34 God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig. Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. (NLV)

Die pad vorentoe is soms klipperig; die pad vorentoe kan soms vaag wees. Maar God sal jou al die krag gee wat jy nodig het. Hy sal die pad wat jy moet neem, vorentoe skoonmaak. Hy sal jou voete stabiel maak; en selfs wanneer die pad steil is, sal Hy keer dat jy val.

Hoe kan ons dit weet? Want …

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY