
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Loof die Here!
Psalm 147:1-5 Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis ’n vreugde en ’n genot om Hom te prys. Die Here herbou Jerusalem en versamel bannelinge van Israel. Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. Hy tel die sterre en noem hulle almal by die naam. Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie. (NLV)
Wel, dit is Sondag, so, wat is jou planne? Toentertyd, het die meeste mense kerk toe gegaan; dit is nogal ‘n tragedie dat dit nie meer die geval nie. Nie omdat ons die horlosie moet probeer terugdraai na die 1950's nie, maar omdat so baie mense iets so kragtigs mis.
Volgens die liberale pers daal kerkbywoning. Maar, weet jy, waar ek woon, is daar meer mense op enige Sondag in die kerk as mense wat vir 'n hele seisoen elke sokkerwedstryd bywoon.
Ek verstaan dat dit maklik is om weg te bly van die kerk wanneer dinge nie so goed gaan nie en wanneer jy mismoedig voel. Maar dis veral in daardie tye wanneer daar iets is, wat die kerk bied, wat 'n ongelooflike verskil in jou lewe kan maak:
Psalm 147:1-5 Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis ’n vreugde en ’n genot om Hom te prys. Die Here herbou Jerusalem en versamel bannelinge van Israel. Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. Hy tel die sterre en noem hulle almal by die naam. Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie. (NLV)
Jy hoef natuurlik nie deel van 'n kerk te wees om God te loof nie. Om God enige tyd te prys, veral in daardie slegte tye, bring jou in aanraking met sy krag en genade, dit genees jou van binne af na buite toe. Tog is daar iets so ongelooflik kragtig daarin om God saam met mede-gelowiges te loof. Hy seën dit op 'n spesiale manier.
Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.