God se Woord VARS vir jou Vandag

Kom Huis toe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2920

Send us a text

Lukas 15:17-20 “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.” Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. (NLV) 

Dit is glad nie snaaks om te vind dat jy ietwat afgesonder van die lewe om jou voel nie. Die lewe gaan aan, maar dit voel amper asof jy dáár is, maar nie regtig dáár is nie.

Het jy al ooit op jou eie selfsugtige paadjie afgedwaal en eendag wakker geword en gewonder hoe jy daar gekom het; gewonder het hoe jy ooit kan teruggaan?

Jesus het 'n storie vertel van 'n jong man wat sy erfporsie van sy pa geëis het en toe uitgegaan het en die hele lot geblaas het - die verhaal van die verlore seun. Eendag egter …

Lukas 15:17-20 “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.” Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. (NLV)

Ek is seker hy het daardie toespraak 'n dosyn keer geoefen. Maar as jy die res van die storie ken, weet jy die pa het vir hom gewag en uitgehardloop gekom om hom te groet en hom omhels voordat die seun eers met sy toespraak kon begin. En kan jy dink dat die pa vir hierdie selfsugtige knaap boonop nog 'n partytjie ook gehou het?

Daar is 'n les vir diegene wat 'n bietjie losbandig voel, vir diegene wat weggedwaal het van God; vir diegene wat dalk wonder hoe ons ons hemelse Pa moet nader as ons na Hom toe wil terugdraai.

Die boodskap is eenvoudig: hou op om jou toespraak te oefen. Kom net huis toe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY