
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Geloof is Nie ‘n Emosie Nie
Matteus 4:1-4 Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word. Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word. Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word. Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf: ‘’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.’(NLV)
Daar is dae wanneer jy, sonder enige ooglopende rede, net wakker word met ‘n gevoel dat jy siek en sat vir alles is! "Ek moet nie so voel nie," redeneer jy. “Alles is reg.” En tog … voel jy so.
Ons emosies ry om verskillende redes wipplank met ons. Dit kan ons hormone wees wat 'n groot rol speel, of hoe ons geslaap het, of wat ons geëet het - ons emosies is in werklikheid gekoppel aan ons fisiologie. Maar dan, net wanneer jy 'n bietjie áf voel, kom iets uitdagends, iets irriterends, iets skrikwekkends oor jou pad.
Jy het gedink jy is 'n man of vrou van geloof, maar jou emosies skree: “Geloof! Watter geloof?!” Kan dit wees dat jou geloof dan in werklikheid aan jou emosies gekoppel is; hoe jy op enige spesifieke oomblik voel? Nee, my vriend, glad nie!
Matteus 4:1-4 Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word. Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word. Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word. Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf: ‘’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.’ (NLV)
Hoe dink jy het Jesus op daardie oomblik gevoel, nadat hy amper 6 weke lank nie geëet het nie? Uitgehonger, swak; kwesbaar dalk? Maar wat Jesus in werklikheid vir die duiwel gesê het, en wat Hy nou vir jou en my sê, is dat geloof nie 'n emosie is nie. Dit is 'n besluit om op die Woord van God te staan.
En dit my vriend, is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.