
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Stop en Word Stil
Psalm 46:11 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” (NLV)
Konflik is een van daardie dinge wat ons almal eerder wil vermy. Maar ongelukkig is dit dikwels óns wat die probleme veroorsaak; ons eie gedagtes; ons woorde en aksies, wat die konflik wat ons probeer vermy het, aanblaas.
So, waarmee stoei jy op die oomblik? Watter konflik skeur jou uitmekaar? En op watter stadium het jy besluit dat die oplossing daarvan van jóú afhang; dat jy ten alle koste as die oorwinnaar uit die stryd moet tree en dat jy dit in jou eie krag moet uitpluis?
As jy werklik in Jesus glo, dan moet jy jouself afvra in wie jy jou geloof geplaas het. Vertrou jy Hom werklik in hierdie moeilike situasie, die situasie waarmee jy stoei, die een met ‘n groot kans vir mislukking?
So, kyk weer na jou probleem; weet jy dat jy dit in jou eie krag, probeer baasraak?
Psalm 46:11 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” (NLV)
Dis reg! Stop net daar en wees stil. Onttrek jou uit die hitte van die stryd, en onthou, diep in jou hart weet jy in Wie jy jou geloof geplaas het. Hy is die Een wat die nasies verslaan; die Een, wat alles beheer.
Wees stil. Onthou. Jy ken Hom!
Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.”
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.