God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Modus Operandi (1)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2927

Send us a text

Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 

Daar is twee tipes mense in hierdie wêreld – dié wat praat oor die dinge wat hulle gaan doen en dié wat dit gedoen kry; diegene wat belowe om te help en diegene wat werklik help; diegene wat sê dat hulle daar sal wees vir jou, en diegene wat werklik opdaag.

Ek dink nie daar is 'n meer betekenisvolle manier om vir 'n persoon te vertel hoe opreg jy vir hom omgee, as om by hom te wees wanneer hy jou nodig het nie. Ja, om fisies in sy teenwoordigheid te wees; om daardie skouer te wees om op te huil; daardie oor om te luister; daardie hand om te help … of wat sê jy?

Deur daar te wees, bewys jy jou liefde aan daardie persoon op die duidelikste, mees onmiskenbare en kragtigste manier.

Dit is duidelik waarom God sy Seun, Jesus, as ‘n mens na hierdie wêreld gestuur het, en Hom toegelaat het om aan die kruis te sterf om vir ons sonde te betaal. Dit is die kragtigste verklaring van liefde in die hele menslike geskiedenis.

Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

My vriend, Jesus het vir jóú aarde toe gekom, om by jou te wees, om vir jou te ly, om vir jou te sterf, om weer op te staan en om jou 'n nuwe lewe, 'n Ewige Lewe, te gee. Om sy liefde as mens na die aarde te stuur, is God se modus operandi. Dit was nog altyd. Dit sal altyd wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 


Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY