God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Modus Operandi (2)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2928

Send us a text

Johannes 20:21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 

Mag ek jou vra, wat is jou missie in die lewe? Wat wil jy doen sodat jou lewe op die ou end, 'n lewe sal wees wat ‘n betekenisvolle impak gemaak het; 'n lewe wat nie vermors was nie?

Ek kan eenvoudig nie aan 'n slegter uitkoms dink, as wanneer ‘n persoon aan die einde van sy lewe kom en hy besef dat hy sy lewe gemors het; die geleenthede wat voor hom gestel was, verkwis het, en dat hy geen impak gemaak het nie. Kan jy jou so ‘n verskriklike selfverwyt voorstel?

Gister het ons gesien dat God sy Seun, Jesus, as 'n mens na hierdie wêreld gestuur het om ons te red van onsself, van ons sonde, en van die ondergang en vernietiging wat ons oor onsself gebring het.

Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Maar dis nie al nie; want vir diegene van ons wat Jesus aangeneem het, is daardie aflosstokkie van Jesus na ons oorgegee.

Johannes 20:21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

God is 'n God wat stuur. Om sy liefde oor te dra en uit te stuur, is sy modus operandi. Dis waar ek en jy inkom. Die liefde wat ons van Jesus ontvang het, is 'n liefde wat ons nou geroep word om met die wêreld te deel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag .

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY