God se Woord VARS vir jou Vandag

Dit is waarvoor ons Bid (1)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2929

Send us a text

Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 

Dit is baie raar dat enigiemand, ongeag of hulle gelowig is of nie, sal nee dankie sê as iemand aanbied om vir hulle te bid. Dit gebeur af en toe, maar die meeste mense dink by hulself: Wel, dit kan nie seermaak nie, kan dit?

Ek het al in my lewe net te veel antwoorde op gebed beleef en ook in die lewens van ander mense gesien, vir my om nie te glo dat (a) God inderdaad daar is, en (b) dat Hy ons antwoord wanneer ons bid.

Die lewe is ingewikkeld, nè? Soms is dit ‘n deurmekaarspul en dikwels so onseker. Hoe hanteer ek dit? Watter kant toe moet ek draai? Kyk wat bid die apostel Paulus in die 1ste eeu nC vir sy vriende in Kolosse wat onder die Romeinse heerskappy in situasies leef wat kompleks, traumaties en gevaarlik is:

Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,

As God bestaan, as Hy inderdaad almagtig en liefdevol is, en as Hy werklik gebede beantwoord, is dit ‘n wonderlike ding om te vra dat Hy ons wysheid en insig sal gee sodat ons seker kan wees van wat Hy wil hê. Hoe? Deur aan ons almal: (Aan wie? Aan almal!) die wysheid en begrip te gee wat ons nodig het.

So wanneer die lewe ingewikkeld, traumaties en onseker is, onthou … jy kan bid. En wanneer jy jou hart voor God uitstort, sal Hy jou absolute duidelikheid gee van wat sy wil vir jou is.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY