God se Woord VARS vir jou Vandag

Dit is Waarvoor ons Bid (3)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2931

Send us a text

Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.. 

Voel jy ooit swak, uitgeput, en net … sommer sat vir alles? En om dinge te vererger, stel jy sulke hoë standaarde aan jouself, dat jy selfs te bang is om te erken dat jou krag jou in die steek laat.

Ek het onlangs 'n lang rit saam met 'n kollega onderneem. Hy het my langs die pad gevra: "Berni, word jy ooit wakker en voel net ... sat vir alles?" Wel, ons ken mekaar al dekades lank en ek was effens uit die veld geslaan deur sy vreemde vraag.

Ek het besef dat die optimisme en selfvertroue wat ek daagliks projekteer, hom laat wonder het. My antwoord was: absoluut! Party dae word ek wakker en voel net mooi sat! Maar elke oggend voordat ek my dag begin, spandeer ek tyd daaraan om te bid. 

Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

Kom ons kyk vandag na die laaste stukkie van daardie gebed. Paulus bid dat God jou met sy groot krag sal versterk, sodat jy geduldig sal wees en nie moed sal verloor wanneer probleme kom nie.

Dinge verander wanneer jy bid. Die krag wat jy eens gehad het, keer terug … deur God se krag. Die geduld wat jy nodig het om jou probleme te hanteer, kom weer terug. Dis waar my krag vandaan kom as ek siek en sat vir alles voel!

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY