God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Tyd Stap Aan

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2933

Send us a text

Psalm 103:15-16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. 

Tyd staan nie stil nie. Dis ‘n feit wat ons nooit kan betwyfel nie. Ja, my vriend, eendag sal ons horlosie op hierdie aarde ophou tik. Permanent.

Het jy opgelet hoeveel van die akteurs wat jy ‘n paar jaar gelede op die silwerdoek gesien het, regtig oud geword het? Jy onthou hulle soos hulle was; pragtig, jonk - gevries in tyd - maar dan sien jy hulle soos hulle vandag lyk en dit ontstel jou. Want skielik moet jy vir jouself erken dat dieselfde ding besig is om met jou en met my te gebeur.

Ek kyk na my drie volwasse kinders, wat hul eie kinders grootmaak, hard werk, alles doen wat jong ouers doen … en ek is redelik seker hulle voel nie dieselfde oor die verloop van tyd as ek, met my gryskop nie.

Hulle is ook besig. Maar vir my voel dit glad nie so lank gelede nie, ag, eintlik sommer soos gister, toe ek in hul skoene was. Tyd verloop so vinnig … en die mens se lewe is soos ‘n oogwink verby:

Psalm 103:15-16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van 'n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg.

My vriend, ek wil jou uit die diepte van my hart aanmoedig om jou lewe te laat tel. Gee liefde met vrygewigheid, met ‘n opregte gesindheid van liefde. Dien met oorgawe. Eer God met alles wat jy het en alles wat jy is. Laat elke oomblik tel. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY