God se Woord VARS vir jou Vandag

Daar is Geen Kortpad Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2934

Send us a text

1 Samuel 16:13 Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, neem Samuel die olie wat hy saamgebring het en gooi dit uit op Dawid se kop. Van toe af het die Gees van die Here kragtig in hom gewerk. (NLV) 


Ek dink nie daar is een van ons wat nie graag 'n kits-sukses wou gewees het nie. Ag man, kan ons tog nie maar asseblief tog net van die vervelige harde werk wegkom nie?

Wat dit nog erger maak, is wanneer jy hoor van die een of ander kind wat oornag skatryk geword het toe hy, deur iets innoverend uit te dink, in 'n Instagram-sensasie ontpop het. En al weet ons dat dit slegs met een uit 'n miljoen gebeur, wens ons steeds daardie één was ons. Hoekom was dit per slot van rekening nie ek nie, of selfs jy nie, hoekom nie?

Destyds wou God 'n nuwe koning vir Israel aanstel. Die huidige een, Saul, het die spoor byster geraak, en God het vir Samuel, die profeet, gestuur om 'n nuwe koning te salf. As jy die storie ken, het hy uiteindelik vir Dawid gevind en ...

1 Samuel 16:13 Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, neem Samuel die olie wat hy saamgebring het en gooi dit uit op Dawid se kop. Van toe af het die Gees van die Here kragtig in hom gewerk. (NLV)

Sjoe. Die koning van Israel! … maar sy koningskap was nog baie ver in die toekoms! Arme Dawid moes teruggaan na die vervelige, harde werk om skape op te pas. Hy moes ook daarna baie veldslae trotseer. Saul was jaloers en het hom telkens probeer doodmaak. Dawid moes baie gevare deurmaak voordat hy uiteindelik die troon bestyg het.

Raymond Woodward, ‘n Kanadese Pastoor, het dit so gestel: Salwing het Dawid nie reguit na die paleis geneem nie, dit het hom teruggebring na die skaapkraal. Salwing omseil nie die proses nie, dit bind jou daaraan. Dit is gevaarlik om vrygelaat te word sonder om die verantwoordelikheid te aanvaar. Dit is gevaarlik om 'n koning te word sonder om eers 'n dienaar te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY