
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Aanklag en die Verdediging
Johannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Ek probeer my soms indink in ‘n situasie waar ek van 'n kriminele oortreding aangekla word en in 'n hof voor 'n regter en jurie moet staan. Dit sal angswekkend wees. Ek sal beslis moet hoop dat ek 'n goeie prokureur het, of dalk het ek ‘n advokaat nodig, nè?
Of ek, of jy, nou skuldig of onskuldig is, nie een van ons wil tronk toe gaan nie. En, kom ons erken dit, terwyl ek en jy terugkyk op ons lewens, is daar soveel dinge waaraan ons ons skuldig gemaak het. Oneerlikheid, bedrog, laster, voortdurende klaery … die lys is oneindig.
So, sê my as jy na jou lewe kyk; hoe lyk jou boekie? Wie wen? Jou demone of jy? Wat verdien jy? Is jy skuldig of onskuldig?
Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “Satan” in die Ou Testament, is “die aanklaer”. Dis regtig gepas, nè? Hy fluister voortdurend in jou oor: “Jy is nie goed genoeg nie. Trouens, jy sal nooit goedgenoeg wees nie. So, gee net moed op met al hierdie ou goedjies, dis tog nie belangrik nie, en dryf saam met die stroom.”
Maar dit is gelukkig nie waar dit eindig nie, want die Griekse woord vir die "Heilige Gees" in die Nuwe Testament beteken "die verdediger".
Johannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
En die Heilige Gees is die beste advokaat, die beste verdediging wat jy ooit sal hê.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.