God se Woord VARS vir jou Vandag

Moenie Leuens Vertel Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2937

Send us a text

Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. 

Ek wil nie soos 'n samesweringsteoretikus klink nie, want ek is nie een nie, maar ek beleef dat die leuens wat deesdae soos 'n kanker in ons lewens ingesluip het; ja, soos sommer baie kankers … besig is om ons dood te maak.

Watter leuens? Wel, kies maar self! Ekonomiese leuens - jy sal gelukkig wees as jy ryk is. Leuens oor die gesinstruktuur – egskeiding is net nog 'n leefstylkeuse. Leuens oor ons gesondheid - neem hierdie pille en alles sal reg wees. En dan is daar natuurlik ook nog baie soos identiteitspolitiek, godsdienstige leuens … en baie mense glo dit tot hul eie nadeel en ondergang.

Destyds het Jesus teen die godsdienstige leiers van sy tyd uitgevaar oor hul huigelary, hul skynheiligheid en hulle manipulasie van gewone mense net om hul eie sakke te vul en hul sosiale aansien te verhoog. Hy het vir hulle gesê...

 

Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

Jesus draai nie doekies om nie, of hoe? My vriend, ons word so maklik om die bos gelei. Dit is heeltemal te maklik om deur die leuens wat die wêreld, met heftigheid en venynige opmerkings verkondig, mislei te word. Op een of ander stadium moet jy net besluit en sê: Nee! Genoeg is genoeg!

Aleksandr Solzhenitsyn, ‘n andersdenkende Russiese skrywer en het dit so gestel: Die maklikste ding wat 'n dapper individu kan doen, is om nie van die leuen deel te word nie.

Dit verg moed om standpunt in te neem teen die leuens wat ons lewens wil oorneem. Dit verg moed om in God te glo, om Jesus te volg, om toe te laat dat sy waarheid jou hele siel en hart vul. Doen dít in elk geval.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY