God se Woord VARS vir jou Vandag

Niks Meer Word Vereis Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2941

Send us a text

Johannes 19:28-30 28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring! Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas 

Onvergewensgesindheid is nie ‘n nuwe ding wat ek en jy in ons daaglikse lewens hier in die 21ste eeu ervaar nie. O nee! Onvergewensgesindheid is so oud soos die berge.

Argeoloë wat die opgrawings van Romeinse baddens in die Britse stad, Bath, gedoen het, het op 'n klomp artefakte afgekom wat hulle die "vervloekings-tablette" genoem het. Soos ‘n artikel op die webwerf: psychologytoday.com, berig ... die enigste nalatenskap van hierdie mense wat 1 600 jaar gelede geleef het, is hul woede vir ander mense, wat hulle in vloeke wat op koper of lood geskryf is, verewig het.

Dis regtig tragies, maar – kom nou, kyk om jou rond – dit nie regtig nuut nie, is dit? Onvergewensgesindheid floreer, en daarom vind so baie mense dit onmoontlik om te dink dat God hulle sonde vergewe het. Hulle is vas oortuig daarvan dat hulle op een of ander wyse iets sal moet doen om sy guns weer terug te wen!

Maar dit was nie sommer net vir Jesus nodig om ‘n towerstaffie oor al ons sonde te swaai nie. Dit het Hom alles gekos om mense soos ek en jy aan die Kruis te vergewe!

Johannes 19:28-30 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Ek en jy kan volkome vergewe word, want Jesus het die prys betaal wat óns nooit sou kon betaal nie … ja, Hy het met sy lewe betaal. En wanneer ons in Hom glo – is daar geen boetedoening nodig nie.

Charles Spurgeon het dit so gestel: Die gewone mensdom se godsdiens vertel hom om iets te 'Doen', maar die godsdiens van 'n ware Christen vertel hom dit is ‘Klaar Gedoen’."

Dit is afgehandel – heeltemal klaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY