God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Goedheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2943

Send us a text

Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. 

Ons dink nie so daaraan nie, maar 'n eenvoudige daad van vriendelikheid van ons kant, wat ons niks kos nie, kan iemand se dag opvrolik ... selfs hulle lewe red. Maar dan is daar ander tye wanneer ‘n onselfsugtige daad jou bestaan in gevaar kan stel.

Oskar Schindler was 'n Duitse nyweraar en lid van die Nazi-party. Hy het sekere mense omgekoop om 'n geleentheid in Kraków, Pole te kry om geld te maak. Dit was minder as 80 kilometer weg van die konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau, waar oor ‘n miljoen Jode vermoor is. 

Maar toe die afgryse van die "Finale Oplossing van die Jode " vir Schindler ‘n werklikheid geword het, het sy fokus van geldmaak verskuif na ‘n poging om soveel Jode se lewens as moontlik te red. Hy het alles – selfs sy eie lewe – gewaag om meer as 1 200 Jode van Volksmoord te red deur hulle vry te koop.

Ja, my vriend, soms is genade nie so eenvoudig nie. Soms kan dit jou alles kos. Kyk wat die apostel Paulus 'n paar duisend jaar gelede geskryf het:

Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

God se genade teenoor jou (en my) het Hom alles gekos – die dood van Jesus, sy enigste Seun aan die Kruis. Jesus het die straf wat ons toegekom het, betaal, sodat ons lewens gered kan word. Dit laat ons dink aan hoe die Jode, wat Oskar Schindler vrygekoop het, moes gevoel het.

Ek weet nie van jou nie, maar ek verdien dit nie ... Dit is natuurlik die hele punt! Want as ons dit verdien het, sou ons nooit die ewige, wonderlike rykdom van God se genade ontdek het nie!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY