God se Woord VARS vir jou Vandag

Hoe het jy Gereageer?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2945

Send us a text

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. 

Hoe sal jy voel teenoor iemand wat so 'n groot opoffering gemaak het dat jy jou lewe aan dié persoon verskuldig is? Komaan, dink hoe dit jou sal laat voel?

Die eerste suksesvolle nieroorplanting het in1954 plaasgevind. Dr. Joseph Murray, die hoof chirurg, is vir sy baanbrekerswerk met die Nobelprys bekroon.

Deesdae vind daar jaarliks meer as 100 000 nieroorplantings, waarvan 36% van lewende skenkers kom, plaas. Stel jou voor iemand ondergaan ‘n operasie waarin hy een van sy niere skenk om vir jou te laat inplant. Hy stel homself hierdeur in gevaar in die proses; wat in werklikheid ‘n geskenk is om vir jou lewe te gee. Hoe sal dit jou laat voel?

Jesus het natuurlik baie meer as dit gedoen. Hy het die geskenk van die Ewige Lewe aan diegene wat in Hom glo, deur sy dood aan die Kruis, gegee. So … hoe reageer ons daarop?

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Hoe? Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons aan Christus Jesus behoort. Hy het dit gedoen en boonop vir ons in staat gestel om die lewens te kan leef wat Hy lankal besluit het ons moet leef.

Pablo Picasso het dit so gestel: Die sin van die lewe is om jou gawe te ontdek. En die doel van die lewe is om dit weg te gee.

Ek kan nie aan 'n beter, meer vervullende manier dink, as om op God se gratis geskenk van die Ewige Lewe te reageer, deur jou eie unieke, Godgegewe gawe te eien en die res van jou lewe te spandeer om ander daarmee te dien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY