
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Daar Is Gevolge
Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.
Die meeste van ons wil die vryheid hê ons eie keuses te maak en om ons eie begeertes te vervul. Alhoewel ons omstandighede ongetwyfeld baie van mekaar verskil, verstaan ons dit almal. Maar so ‘n selfsugtige leefstyl het onvermydelike gevolge.
Vir byna 500 jaar was die Romeinse Ryk die sterkste wêreldmoondheid. Niemand kon hulle aanval nie. Niemand kon hulle verslaan nie. Hulle was die beste wat daar was. Die een keiser na die ander (en altesaam was daar meer as 35 van hulle), het hulle in hul welvaart en absolute gesag verlustig. Maar toe op ‘n dag het die hele stelsel van oorheersing ineengestort ... ja, ons praat van die val van die Romeinse Ryk!
Hoe? Waarom het dit gebeur? Hier is die antwoord – deur politieke korrupsie en onstabiliteit, ekonomiese wanbestuur en militêre hoogmoed. Eers het die krake verskyn en verskeie barbaarse stamme het die geleentheid aangegryp om hulle aan te val, totdat ‘n Germaanse opperhoof, 476 nC, die laaste Romeinse keiser, Romulus Augustulus, onttroon het.
Hoe belangriker jy is, hoe harder val jy. Dit maak nie saak hoe suksesvol ons in ons eie oë is nie, hoe groot en belangrik (of nie) ons in werklikheid is; hierdie selfsugtige reis na gemak en beheer, het altyd gevolge. En op een of ander tydstip is ons almal skuldig daaraan ... selfs keisers.
Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.
Ongelukkig wag daar vir sommige mense - trouens vir die meeste mense - 'n val. 'n Groot val. 'n Ewige val. Daar is gevolge. Daar is altyd gevolge. Maar God het Jesus, sy Seun, gestuur om jou te red. Glo in Hom. Leef jou lewe vir Hom.
Want God gee ons hierdie gratis gawe – die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.