
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Bereik Jou Volle Potensiaal
Markus 6:7-8,12-13 Hy het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie. Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie bose geeste uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak. (NLV)
Wat het jy vandag nodig? Het jy meer geld nodig om te oorleef? Het jy, soos so baie van ons, te min tyd om te doen wat jy graag wil doen? Het jy 'n vriend nodig, iemand om op te steun, of dalk sommer iemand om jou 'n bietjie aan te moedig? Komaan, wat skort in jou lewe? Wat is dit wat jy nodig het?
Dit voel vir jou asof daar altyd daardie een behoefte is, wat nooit heeltemal vervul word nie. En wat dit erger maak, is dat hoe langer daardie behoefte nie vervul word nie, hoe groter word die gaping en hoe sekerder word jy dat dit nooit vervul sal word nie. Jy sal nooit kry wat jy nodig het nie. Jy sit in 'n bodemlose put.
Gister het ons gesien hoe Jesus sy dissipels twee-twee uitgestuur het met niks – absoluut niks – van wat hulle vir hul reis nodig sou hê nie.
Markus 6:7-8 Hy het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle twee-twee uitgestuur. Hy het ook aan hulle die gesag gegee om bose geeste uit te dryf. Verder het Hy aan hulle opdrag gegee om niks behalwe ’n kierie saam te neem nie – geen kos, geen rugsak, geen geld nie.
Ja, Jesus het geweet dit is meer as genoeg, want Hy het hulle uitgestuur met sy krag en gesag. Was dit genoeg? Het dit toe gewerk?
Markus 6:12-13 Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie bose geeste uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.
Moenie bekommerd wees oor dié dinge wat jy nie het nie. Jesus se krag is altyd ... baie meer as genoeg.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.