
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Leef ‘n Oorwinningslewe
Kolossense 1:5-6 Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het. (NLV)
Verlede jaar het die wêreldwye selfhelpbedryf – boeke, kursusse, afrigting, al daardie goed – inkomste van miljoene gegenereer. Dit sal na verwagting teen 2030 verdubbel. Dit lyk asof baie mense baie hulp soek om hul lewens te verbeter.
So, vertel my, wat is daar in jou lewe wat jy wil verbeter? Jou selfvertroue dalk; jou finansiële posisie of jou gesondheid? Wil jy dalk ‘n positiewe indruk skep, jou kommunikasie verbeter, leer hoe om korrek aan te trek om ‘n beeld van sukses te skep?
Die hele selfhelp ding is 'n gekompliseerde lokval. Hoe jy dit ook al beskryf, gaan dit oor jouself: ek wil net 'n beter lewe lei. Ek wil hê wat nodig is om bo uit te kom, foute te vermy en 'n goeie lewe te lei.
Vir my vorm hoop die kern van ‘n oorwinningslewe. In hierdie lewe maak ek foute wat gevolge het en dinge pootjie my soms onverwags. Wat van jou? Die apostel Paulus bemoedig die gemeente in Kolosse in die 1ste eeu nC met die woorde in:
Kolossense 1:5-6 Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het. (NLV)
Daardie hoop is 'n vaste hoop; dit is een wat jou voete onder jou sal uitslaan, want dit gaan alles oor God se genade vir jou. En dit versprei soos 'n veldbrand. Wil jy jou lewe verbeter? Reken dan op ‘n God-help-plan, nie ‘n selfhelp-plan nie. Plaas al jou hoop in Jesus.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.